True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe cover art

Podcast

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

34 episodesLatest May 5, 2026
Recorded in South AfricaAbout South AfricaAfrikaansTrue Crime
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Die stories se tentakels strek van die Wes-Kaap tot by die noordelikste punt van Suid-Afrika se Limpopo provinsie. Misdaad ken egter geen grense nie, en dié potgooi volg Suid-Afrikaanse misdaad verhale ook in ander dele van die wêreld. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!

Episodes

  1. Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue

    Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n re…

    33:42
  2. Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het

    Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n man…

    27:15
  3. André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord

    André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met…

    36:53
  4. Die berugte Station Strangler reeks moordenaar

    Suid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egte…

    51:49
  5. Die Ponzi-slenter van Craig Warriner

    Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens…

    35:49
  6. Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille

    Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer da…

    56:27
  7. Die Moord op Ria Womarans in Botswana

    Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar…

    56:41
  8. Die moord op Taliep Petersen

    Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met s…

    47:26
  9. Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie

    Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in…

    00:47
  10. Die Kroonstad Spoor Ramp

    Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sow…

    27:43
  11. Die reeks moordenaar, Sipho Thwala

    Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-…

    33:06
  12. Die moord op Gabriela Kabrins Alban

    Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kab…

    42:04
  13. Die moord op Isaac Miggels

    Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels s…

    24:47
  14. Die Modimolle Monster

    Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer…

    01:05:27
  15. Die moord op Lucky Dube

    Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die ve…

    36:15
  16. Die moord op Jayde Panayiotou

    Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk…

    01:10:50
  17. Die Stander Bende, vertel met Joe Black

    Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd g…

    31:58
  18. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode

    Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin beke…

    00:37
  19. Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker

    Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n t…

    24:55
  20. Die dwelm duiwel op die skip se dek

    In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op…

    34:45
Now Playing